Loading Events

Prettige Poeëte Pleeg Poësie – FAN-Bloemlesing Groep (Willem Fransman Jr, Frans Wiese, Nataly Petersen en Adam Baadjies)

Prettige Poeëte Pleeg Poësie

Drie woordsmede, Frans Wiese, Nataly Petersen en Adam Baadjies kom stel hul onlangsverskene digbundel, die FAN-bloemlesing bekend. Aldrie kom vanuit ‘n verskillende dog eenderse agtergrond. Hulle is boorlinge van Rawsonville. Tog is daar een algemene deler, naamlik die skoon en onbesoedelde lug van die Breede-riviervallei. Hierdie is digters vanuit die werkersklas en hul samelewing word skitterend in hul gedigte aan diegene buite hul ‘wêreld’ bekend gestel. Ook word die tema van die McGregor Gedigtefees by hul aanbieding bygewerk. Die bekende performance poet, Willem Fransman Jr tree as gas-digter saam met hulle, as anker op. Saam sal hierdie Prettige Poeëte vir vermaaklike poësie sorg.

Venue: Veritas at Temenos

BOOK YOUR TICKETS