Loading Events
This event has passed.

Proefiet van Adam Small, djy? –Willem Fransman Jr (Afrikaans)

Willem Fransman Jr staan as ‘n eksponent van Kaapse Afrikaans in vermaaklikheidskringe bekend. Vir die werk van die vader van Kaaps, Adam Smal, het hy heilige respek. In dié Woordkunsproduksie wil Willem Fransman Jr die gehoor oortuig dat hy ‘n navolgeling van Adam Smal is, Fransman sal sy gunsteling Smal-gedigte voordra asook eie skeppinge. Nie net is hy ‘n kenner van Smal se digkuns nie, maar ook intiem vertroud met sy epogmakende dramas. In die aanbieding word ook grepe uit onder andere “Die Krismis van Map Jacobs” en “Goree” ingewerk. Aan die einde van die woordkuns-aanbieding moet die gehoor maar self besluit: Is die kunstenaar werklik ‘n proefiet van Adam Smal, hy?

Venue: McGregor Backpackers

BOOK YOUR TICKETS