Loading Events
This event has passed.

Event #6: Omverf die maan met woorde – Weslandse Kunstevereniging

Die Wesland Kunstevereniging is ‘n organisasie wat die beeldende asook skilderkuns omarm. Van hulle is ook woordsmede. Omverf die maan met woorde is ‘n produksie, waar kunswerk en die digkuns in gesprek met mekaar tree. Die drie-dimensionele woord-en beeldekuns-aanbieding, word deur ‘n sestal kunstenaars (wat ook digters is), te wete Elza Smal, Desiree Brand, Tossie Beukes, Toensie Dichard, en Mary Davis van Vredendal, aangebied. In die produksie sal eie skeppinge rondom die feestema, asook eie keuse aangebied word. Die voordragkunstenaar, Willem Fransman Jr (self ook ‘n grafiese kunstenaar) tree saam met die groep op.

Venue: Wahnfried

BOOK YOUR TICKETS