Loading Events
This event has passed.

Oumense moettie mettie wate’ mossie…

Book Here

Willem Fransman jr, Edward Jenneke en Jeff Lakey
Hierdie is ‘n woordkuns-aanbieding. Die aanbieding bied die gehoor vyf-en-veertig minute van woordpret! Gedigte handel óór en ván water wat natuurlik die deurlopende tema van die McGregor Poësiefees ook is. Maar gedigte wat ook op die gevolge van ‘n tekort aan water,word ook aangebied. Die digters dra gedigte van hulself, maar ook van ‘n paar uitgesoekte gevestigde digters voor. Wat veral beindruk is die parodie van Jenner op ‘n gedig van Peter Snyders. Die invloed van water op die mens en sy omgewing…maar ook in die letterkunde, word bekyk. Want as ons nou met die kosbare vloeistof mors, gaan ons nageslagte niks het nie!
Oumense, moet nie met die water mors nie…want ons kinders moet daarvan drink!

Willem Fransman jr
Dié woordkunstenaar sal verskeie van sy eie gedigte asook gedigte oor water van gevestigde Afrikaanse digters by die pruduksie inwerk en aanbied.
Edward Jenneke
Hier het ons jong opkomende plaaslike digterstalent. Verskyn in verskeie versameldigbundels en het ook onlangs ‘n digterswerkswinkel bygewoon. Sy treffende gedig, ‘n parodie op ‘n gedig van Peter Snyders, word by hierdie aanbieding ingevoeg en deur die jong digter self voorgedra.
Jeff Lakey
Hierdie selfgepubliseerde plaaslike digter van Robertson is ‘n oud onderwysman en ook plaaslike geskiedkundige. Lakey sal van sy eie skeppinge met die water-tema voordra.

Venue: Windsong