McGregor’s die dorpie
Waar digkuns gaan blom
Want talle digters
Gaan McGregor toe kom
Strofes en versreëls
Gaan sorg vir vermaak
Waar elke gedig
Jou hartsnare gaan aanraak
Is jy ń liefhebber van dig
Of ń kranige skrywer?
Kom neem deel aan die fees
Met lus en ywer
25 tot 27 Augustus
Nog hierdie jaar
Gaan jy verskillende gedigte
In McGregor gewaar
So as jy wil
Kan jy jou perd op saal
En digkuns voordrag
In McGregor kom haal
© 2017 Bevan Boggenpoel
Leave A Comment